Algemeen
-
Gemeente Braai 9 Junie 2019
Ons het verlede Sondag ‘n heerlike gemeentebraai gehad na die einde van ons Daniël-vas. Dankie vir almal wat dit saam kom geniet het, en ook almal wat so hard gewerk het. Oom Kalla se bord het die meeste aandag getrek. 🙂
-
Daniël Vas – 2019 Inligting
Goeie môre. Ons herinner almal dat ons gemeente eerskomende Donderdag met die Daniël vas begin vir 10 dae. Wees deel daarvan en wees gereed om op ‘n nuwe en vars manier met die Here te ontmoet. 30 Mei tot en net 8 Junie. As jy nie ten volle dit kan saamdoen nie, probeer om dit ten minste vir ‘n ete of twee per dag te doen. Dink ook aan ander dinge om van te vas soos bv TV, selfoon. tv of rekenaar speletjies, facebook ens. Net soos wat jy gelei voel. Gebruik hierdie 10 dae om God te soek terwyl ons ook in Pinkster gaan wees. Ons gemeente gaan ook…
-
Daniël Vas – 2019
Daniël 1:12“Maak asseblief tien dae lank ‘n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink. “ Hallo almal. Ons doen die Daniël vas vanaf 30 Mei tot op 8 Junie vir 10 dae. Op Saterdag 8 Junie wil ons ook graag die kerk die heeldag oopmaak van 06:00 tot 18:00 vir die gemeente om te kom bid. Ons gaan vanaf Sondag ‘n lys by die ingang sit waar mense tye kan aandui wat hulle by die kerk gaan kom bid. Ons wil graag hê die hele gemeente moet iewers deur die dag by die kerk kom bid. Kom ons…
-
Welkom Nuwe Lidmate
Ons sê net weereens baie welkom aan al ons nuwe lidmate wat ons verlede week voorgestel het, en glo julle gaan baie gelukkig in ons gemeente wees. 🙌👏👏 Van links na regs: Petrus vd Schyff, Sebrenda Ras, Peet Nel, Fanie & Annatjie Smith, Dione en Louis Botha, Thelma Becker, Susanna Foulds, Benita Els, Chané Meyer en Anneke en Steven Kruger (Steven het die foto gemis 😅